Meer oor die Sentrum


Geskiedenis»

Dienste»

Versameling»

Die SAWIS Inligtingsentrum is die mees omvattende inligtingshulpbron basis vir die Suid-Afrikaanse wyn en brandewyn bedryf.

Dit is bekend as die eerste en enigste aanlyn inligtingshulpbron sentrum van die bedryf.

Die doel van die Inligtingsentrum is om lede behulpsaam te wees in die bereiking van hul doelwitte, deur die inligting en/of dokumente versoek, op tyd en teen ‘n bekostigbare prys te verskaf. Die inligtingsentrum selekteer, bekom, organiseer, handhaaf en versprei inligting rakende die wynbedryf met die doel om:

·         Inligting te versamel en organiseer in alle formate.

·         Fasiliteer toegang tot inligting.

·         Kweek effektiewe tegnieke en metodes aan om inligting te verskaf.

·         Onderrig lede in die vaardigheid om maklik inligting te bekom.

·         Speel ‘n aktiewe en innoverende rol om die Suid-Afrikaanse Wynbedryf van inligting te voorsien.

Die bibliografiese Inligtingsentrum verskaf inligting ter plaatse sowel as op die Internet. (www.sawis.co.za). Inligtingsversoeke kan deur middel van e-pos, faks, telefoon en/of pos gedoen word.

 

Gebruikernaam:

Wagwoord:

Jou aantekenkode vergeet?